GESONHEIDSORG IN WESSELSBRON
GESONHEIDSORG IN WESSELSBRON
1920 - Dr. Schugässer
1932 - Dr. Elkan Cahl
1950 - Dr. Hennie van der Hoven
en sy vrou,
1950 - Dr. Nettie Theron
1956 - Dr. Beyers Strydom
1958 - Dr. Boet Reynders
1977 - Dr. Japie Pienaar - 2011 praktiserend
1978 - Dr. Eben van der Watt
1978 - Dr. Bellingan (Tandarts)
1993 - Dr. Eduan van Rensburg - 2011 praktiserend
2009 - Dr. Helene Vorster (Tandarts) - 2011 praktiserend
onvoltooid
In die begin-jare was daar geen opgeleide verpleegsters nie, maar slegs gewone vroue wat as vroedvroue opgetree het en siekes help verpleeg het. Veral Mev. Bellie Eksteen (foto links) kan uitgesonder word. Geb. 8 Des. 1873 en oorl. 6 Aug. 1936
Sy was ‘n groterige, vriendelike tante wat gewoonlik netjies geklee was en altyd ‘n spierwit voorskoot gedra het.
In haar huis, Wesselstr. 48, het sy tot vier moeders wat daar by haar kom kraam het, verpleeg en dan ook nog boererate uitgedeel.
Sy was Boet en Mike Odendaal en hul suster Ella Boshoff se ouma.
Op 2 Febr. 1940 begin die eerste gekwalifiseerde verpleegster in die dorp en distrik werk. Sy verrig waardevolle werk en in 1946 bekom hul die huis (foto regs) in P.Louis Kotzéstraat 55 as kraaminrigting. Die huis staan tot vandag toe bekend as “Die ou Home,” al is dit vanaf die vyftiger jare net ‘n gewone huis.
Die huis (foto links) in Pres. Steynstraat, wat aan die bo-punt van Erweestraat is, was Dr. Schulgässer se spreek-kamer.
Later was dit Mnr. Prinsloo, “Oom Prinnie,” se haarskeer-salon en woonhuis.
2011 - Indiër winkel.
Dr. Elkan “Stoffel” Cahl (foto regs) het op 23 jarige ouderdom die praktyk by
Dr. Schulgässer gekoop. Hy het ‘n rekord tyd van 62 jaar in Wesselsbron gepraktiseer.
In die oorlogsjare het hy gedien in die 17de Veldambulans, waarna hy weer na die oorlog na Wesselsbron teruggekeer het om sy praktyk te hervat.
Dr. Cahl was getroud met Juliana, dogter van P. Louis Kotzé. Hulle was woonagting in Du Preezstr. 4 en drie kinders is uit die huwelik gebore; Jeanette (Durban), Toets (Kaapstad) en Louis (New Jersey, Amerika).
Hy is op die ouderdom van 87 jaar, na ‘n kort siekbed, in die Hydromed Hospitaal in Welkom oorlede.
Foto bo links:
Juliana Cahl, geb. 2 Julie 1916, oorl. 23 Aug. 2003. Foto regs bo:
Dr. Cahl se spreekkamer. Vanaf 2009 Dr. H. Vorster, die tandarts, se spreekkamer.
Foto regs, afgeneem in 2011:
Baba Bekker (xx Delport) was vir 33 jaar Dr. Cahl se ontvangsdame.
Dr. Hendrik van der Hoven en sy vrou, Dr. Nettie Theron, (foto’s bo ) was albei mediese Dr’s op Wesselsbron in die vyftiger jare. Hul spreekkamer was in Wesselsstraat, langs die pastorie. (2011 Wolf se gat, gastehuis.) Drie kinders is uit die huwelik gebore: Johan, Bernard en Alida.
Dr. Nettie Theron is oorlede in’n motorongeluk. Dr. H.G. van der Hoven, Thys van der Hoven se broer, was Burgemeester van Wesselsbron in 1956. Hy gaan oorsee en spesialiseer in Lugvaart - geneeskunde. Hy kom terug, werk vir die Leër en doen al die mediese keurings van die Lugmag. Hy is in 2006 oorlede.
Foto links:
Dr. Jan Andries Beyers Strydom.
Geb. 17 Feb. 1925 - oorl. 17 Feb. 2007
Laerskool: Uniondale, Hoërskool: Boys High en later na Paul Roos Gimnasium. Matrikuleer met Grieks en Latyn as hoofvakke in 1943. Studeer BA Admissie - 1ste jaar Pukke en 2de+3de jaar Maties. Skakel oor na Medies by Kaapstad Universiteit. Behaal M.B. Ch.B by Ikeys, 1953.
Doen praktiese jaar in Harare, Zimbabwe. Twee jaar locum hy in verskeie dorpe in SA en ook as Distriksgeneesheer, onder andere ook in Wesselsbron. Hy koop die praktyk by Dr. van der Hoven op 1 Oktober 1956. Vier sy vyftigste praktykjaar op Wesselsbron in 2006.
Getroud met Mariana Gründlingh,(foto links) radioloog van Krugersdorp in 1958. Vier kinders, 2 seuns en 2 dogters is uit die huwelik gebore. Rig die ABSA Gebou op in 1958. Hy dien op die stadsraad vir baie jare en was vir agt jaar Burgemeester van Wesselsbron, vanaf 1966 tot 1974.
Foto regs:
Dr. Boet en Hettie Reynders, getroud op 8 Des. 1951 in NGK Wesselsbron. Dr. Reynders het aan Wits Universiteit gestudeer en sy Hospitaaljaar in Graaff-Reinet gedoen, 1951-’52.
1952-’52: 1ste praktyk: Thaba ‘Nchu 1952-’53: Welkom
1954-1958: Wesselsbron, sy
geboorteplek, waar hy vir 11jaar
praktiseer tot in 1969.
1970-’71: Welkom, Dist.Geneesheer
1972-’78: Olifantsfontein
1979-’84: Pretoria, Dept. Gesondheid
1985-’92: Direkteur T.P.A. Gesondheid
Woon 24 jaar in Olifantsfontein en tree af in Sandbaai, Hermanus.
Vyf dogters is uit die huwelik gebore, almal getroud.
Foto onder: Hettie en haar vyf dogters
Foto onder:
Soon en Bettie Reynders, ouers van: Boet x Hettie, Jan x Willie, Hendrik x Linda, Willem x Bettie, Stoffel x Marie, Barnard x Magda.
Dr. Eben en Anna van der Watt (foto Des. 2009) Hy praktiseer saam met Dr.Japie Pienaar vanaf 1978-1990.
ERWEESTRAAT aan linkerkant: Swerdlow se winkel (2011- FNB), Barclays Bank en Old Mutual, Sentrale en Poskantoor.
Aan regterkant: Swerdlow se huis (2011-Apteek+Link), Bojé+Stemmit Slaghuis en Strydom Gebou, waar die 1ste apteek van Kim Brauckmann was (2011 - ABSA) Foto onder: Kim Brauckmann
Foto links:
Die bruidspaar is,
Piet “Kolhaas” de Villiers en Anna, dogter van Danie Pretorius. Die blommemeisie is Ds. Muller se dogter, Betsie en die gas, regs agter is Mrs. Swerdlow.
Dr. Japie Pienaar >>>>>
(foto 2010)
Praktiseer sedert 1977
in Wesselsbron.
<<< Dr. Eduan van Rensburg
(foto 1998)
Praktiseer sedert 1993 in
Wesselsbron.