BOERDERY en BLYDSKAP 

BOEREVERENIGING

 

Aanvanklik is net met vee geboer. Later is mielies gesaai slegs vir eie gebruik, want dit was baie moeilik om graan te vervoer. Die naaste stasies was Hennenman (destyds bekend as Ventersburgweg) en Theunissen, albei ongeveer 50 myl ver. Die sandpaaie was bitter swaar en het die osse gemoor. Daarby was die lanboumetodes baie primitief, die prys per sak gering en misoeste het ook nie uitgebly nie.

Die saaisak is oor die skouer gedra en die saad met die hand gestrooi. Dit is dan omgeploeg met die osse en ‘n ploeg. Die mielies is met die hand in sakke geoes, uitgery en op hope gegooi sodat dit gedors word. Die dorsmasjien was aangedryf deur ‘n stoomketel.

                  OM BOER TE WEES

                      W.E.G. LOUW

O om boer te wees wat werk

met sy hande in die son

die liewe, lange dag; om saans

moeg terug te kom

van die lande, en te slaap

tot die rooidag deur die vensters breek, en teen die tweede hanekraai, oor die ryp, die ploegstert vas te hou . . .

O om boer te wees en te werk

in God se sonskyn en reën;

om nooit te twyfel dat Hy weet

wat die beste is: om nog te glo,

as sy hart wil breek,

en voel dat hy, boer alleen,

met God kan praat, en dank

as laag-druipend daal die reën . . .

DIE FOTO’S IS GENEEM OP KOOS STIGLINGH SE PLAAS

                                 “KETTINGVLAKTE.”           

DIE OU STOOMKETEL WAS NIE BAIE GEWILD NIE, WANT DIT HET DIE HELE OES SE STRONKE GEKOS OM HOM TE STOOK EN AL DIE VUURMAAK GOED WAS DAN DAARMEE HEEN.

          Die dorsgeld was £1/1/3 per 100 sakke.

Die depressie en groot droogte van 1933 het die boerderybedryf nadelig getref, maar toestande het verbeter. Hier was plaaslike handelaars, soos Die Boere Handelshuis wat mielies, velle en ander plaasprodukte van die boere gekoop het. Nadat die spoorlyn voltooi is en hier ‘n Koöperasie oopgemaak het kon die boere makliker en teen beter pryse hul graan lewer. Verbande op hul grond kon afgelos word en die koop en verkoop van plase was algemeen.

LW Land vir Sewe Sakke

Saad! (advertensie bo ^)

Foto’s onder: Op “Kettingvlakte” word die boerdery grootliks gemeganiseer en 5,000 sakke gedors.

GRAANLEWERING JUN/JUL 1947 BY SENTRAAL WES

   Willem Botha van “Nuwe Aanleg” se Chev lorrie, links in die hoek op die foto regs. >

Foto onder: Let op die lorrie wat aan die sleepwa geketting is,

“Oom de Witt se trein”

Die boere besef dat hulle nie as enkelinge al die boerdery probleme sal oorbrug nie en eerder moet saamstaan en mekaar se belange behartig.

                                       21 MEI 1935

           STIGTING VAN BLYDSKAP BOEREVERENIGING

STIGTERS- BESTUURSLEDE

Kmdt. J.F. Bredenkamp         P. Louis Kotzé                P.W. Pretorius

        (Voorsitter)                     (Vise-voorsitter)                (Sekretaris)

Die huis van G.P. Pretorius op die plaas “Blydskap.” waar die boerevereniging gestig is - 1935

D.R.”Mas” Pretorius                 P.S. Marais                     G.P. Pretorius

   (Vise - sekretaris)           

        J.H. Smith

links) J.S. (Jan) van Zyl was die langs-dienende voorsitter van Blydskap Boerevereniging tot 1985.

Voorsitter            14 termyne

Vise-voorsitter    12 termyne

Bestuurslid          6 termyne

Voorsitter/Distriks Lanbou-unie    11 jaar

Grondbewarings-komitee               29 jaar

Direkteur NCD                                  11 jaar

Blydskap - Boerevereniging sou as mondstuk dien om in die bresse te tree vir die boere wat in die Wesselsbron N.G.-Kerkgemeente gewoon het.

‘n Aantal lede van die Boerevereniging in 1985

OORKONDES IS TOEGEKEN AAN:

J.F. Bredenkamp

G.D. Kleynhans (foto regs)

P.S. Marais

W.J. Marais

  1. J.Naudé

D.R. Pretorius (“Alpha”)

G.P. Pretorius

C.A. Reynders

J.H. Smith

J.B. Taljaard

J.C. Taljaard

J.S. van Zyl (Jan)

P.W. van Zyl

W.H. van Zyl (Willem)

W.H. van Zyl (“Visagieskuil”)

Oom Org en tant Poppie Kleynhans

Om boer te wees, het sy uitdagings! Daar is altyd die realiteit van die elemente om mee rekening te hou.

A.g.v. die nuwer neiging om stoppelbewerking toe te pas is die stofstorms nie meer so erg soos in die verlede toe die saaigrond omgeploeg was nie.

7 Nov. 1983 -   ‘n Abnormale stofstorm!  Baie mense het dié dag gereken die oordeelsdag het aangebreek. Selfs die diere, hoenders en voëls het nie normaal opgetree nie. Hierdie foto is ongeveer een uur die middag geneem. Drie uur die middag was dit nag! Ja, dit was letterlik die langste nag in Wesselsbron. Dit was egter ook die begin van ‘n paar jare van droogte en misoeste en baie boere het hul grond verloor.

Abnormale stofstorm

DROOGTE - FEB. 1984

< < < < < < < Foto:2009

Danie en Annetjie Bruwer.

Wesselsbron Mielieboere het in 1964, onder leiding en aansporing van Mnr. D.J. Bruwer tot stand gekom. Hy was ook die Besturende Direkteur van die groep van tien direkteure. Nadat  die Senekalbroers hul saak plaaslik tot niet gemaak het, het Danie Bruwer die inisiatief aan die dag gelê om hul lisensie verder te ontwikkel.

Die somer van 2015 is baie droog met uiters hoë temperature en bykans daaglikse stofstorms. Boerdery toestande is kritiek.

Die area hoofsaaklik oos van Wesselsbron waar die meeste panne voorkom is uiters geskik vir skaapboerdery. Die bossievlaktes is uitstekende weiding vir skape. Onderstaande foto’s dateer uit die sestiger jare op die plaas, “Trianon” waar hoofsaaklik met hand-skêre skape geskeer is.

Bo: Die wolklasser en onder sy handlanger wat die vag op die sorteertafel moes oopgooi.

Die wolbale word vervoer na Wesselsbron se stasie vanwaar dit per spoor na die wolveiling geneem is in Port Elizabeth. Een van die grootste wolboere destyds in die distrik was Org Janeke van “Klipheuvel.”

Wesselsbron Mielieboere ontvang hul eerste graan in 1967.

Wesselsbron Mielieboere ontvang hul eerste graan in 1967.

Witpan >

Wesselsbron >

Ganspan >

9 November 2017 net buite Wesselsbron - vliegveld en die plaas, “Uitkyk” van Rikus Muller in die agtergrond.

Mev. Mariana Strydom.