Die meeste strate van WESSELSBRON wat vertikaal loop is vernoem na Volksleiers of -helde uit die verlede. Die strate wat horisontaal loop is vernoem na persone en families wat ‘n groot rol gespeel het gedurende die stigtingsjare van WESSELSBRON.
Du Toit
Johan Kotze
Jim Muller
Vorster
1,2,3+4de laan
J.P. van Niekerk
Erasmus
De Villiers
Magnus
Du Preez
Ross
P. Louis Kotzé
Erwee
Bredenkamp
Saaiman
Loots
Coetzee
Pretorius
Grosman
Wessels
Janeke
Willemse
Kortstraat
Kerkstraat
Markstraat
Parkstraat
Pres. Steyn
Piet Retief
Sarel Cilliers
Pres. Brand
Hertzog
Voortrekker
Louis Botha
Hereniging
Dit wil egter geensins impliseer dat dit die enigste families is wat ‘n rol gespeel het in die onwikkelingsjare van WESSELSBRON nie. Inteendeel, as die geskiedenis nagegaan word is dit duidelik dat almal baie goed saamgewerk het om wel ‘n dorp tot stand te bring tot voordeel van almal. Vandag is daar ander rolspelers wat ewe eens net so belangrik is.
Die “Martiens Stander - ingang.” Foto: 2012
Gedurende M.M. Stander se termyn as burgemeester vanaf 1988 tot 1994, is die suidelike ingang verfraai en
die palmbome aangeplant.
Die hoofstraat van Wesselsbron is na P. Louis Kotzé, Dr. Carl se skoonvader, vernoem. Mnr. P.L. Kotzé was die 2de burgemeester, vanaf 1937 tot 1940.
Daar is twee strate in Wesselsbron wat van naam verander, nl. Magnusstraat word Du Preezstraat en Pres, Steynstraat word na die treinspoor, Du Toit Laan.
Mnr. B. F.Coetzee was lid van die eerste Dorpsbestuur in 1923 na wie Coetzeestraat vernoem is.
Geen inligting bestaan na wie Lootsstraat vernoem is nie.
Janekestraat is vernoem na Niklaas Janeke. Niklaas en Kaatie, neé Goosen, se kinders was Anna, Org, Niklaas en Luck. Hulle het op die plaas “Klipheuvel” gewoon.
(2017 Tom en Rhona Bothma)
Regs: Org en Joey Janeke, het ook op “Klipheuvel” geboer. Baie van die Janeke’s is daar begrawe.
Willem Magnus het op “Uitkyk” geboer. By hom het die idee ontstaan om ‘n dorp hier te stig. Hy was ook die 4de burgemeester, vanaf 1942-1944.
P.Louis Kotzé het op die plaas “Rietkuil” geboer.
D.R. Pretorius het ‘n reuse aandeel gehad gedurende die stigtingsjare van
WESSELSBRON. Pretoriusstraat is na hom vernoem.
Daantjie en Hester, die ouers van Hettie Erasmus en Anna de Villiers.
ALLE ANDER VERNOEMDES WORD ELDERS
ONDER VERSKEIE AFDELINGS VERMELD.
D.R. Pretorius en sy vrou Hester. > >
In Wesselsbron is die grootste twee families die PRETORIUSSE en VAN ZYL’s, en hulle is selfs ook nog familie van mekaar! Daantjie was die oudste Pretorius - broer.
Nuwe intrekkers kom spoedig agter om nie te skinder nie, want almal is omtrent van almal familie!
Hester was ‘n gebore Goosen, suster van Kaatie wat met Niklaas Janeke getroud was (sien onderstaande)
Sien: 1918 Dorpstigting - Kerkraadsfoto van 1928
Met die uitbreek van die Anglo Boere-Oorlog het die Hoopstad Kommando by Kimberley gelê en is Komm. C.J. Wessels gekies tot Generaal en is Mnr. P.J. du Preez as Kommandant van Hoopstad. Du Preezstraat is na hom vernoem.
Vanaf 1914 tot 1919 was C.J. Wessels se seun, W.H. Wessels Kommandant van die Hoopstad Kommando. Hy is opgevolg deur Kommandant Jan Bredenkamp. Sy broer Hennie Bredenkamp was eers sekretaris en daarna die eerste Stadsklerk van Wesselsbron. Bredenkampstraat is na hom vernoem.
Komm. C.J. Wessels en sy vrou se grafkopstukke is tydelik verskuif vanaf “Witpan” na die graf van hul seun in die begraafplaas in die dorp.