7 Desember 1957

Minister Jan Viljoen se begrafnis op Wesselsbron

 

Die roudiens was gelei deur Ds. J.H. van Loggerenberg en Ds. D.A. Hattingh. Die huldigingsrede was deur

                  Staatspresident C.R. Swart,

bygestaan deur Min. A. Hertzog en  Mnr. Harm Oost.

Johannes Hendricus Viljoen,  Minister van Onderwys, Wetenskap, Kuns en Bosbou.

    Lugmagvliegtuie op Wesselsbron wat die

       Kabinetsministers hierheen vervoer  het.

Staatspresident C.R. Swart se chauffeur en regs, Ds. D.A. Hattingh.

VLNR: Sersant Van Baalen,  Mnr. C.R. Jansen, burgemeester van Wesselsbron, groet Pres. Swart.

Regs voor: Mnr. D.P. Wilcocks, landdros van Wesselsbron.

Jan Muller, 10 jaar oud, verlaat die Kerk saam met President Blackie Swart en Ministers Ben Schoeman, H.F. Verwoerd en Paul Sauer.

            ( Jan Muller se ma, Anna, was ‘n suster van Min. Viljoen.)

By die begraafplaas.

regs: Pres. Swart en Paul, seun van Min. Viljoen.

agter: Min. Paul Sauer.

        J.H. (Jan) Viljoen, geb. 1869 - oorl 1955 getroud in November 1892 in Bultfontein met M.J. (Lenie) Maré. Hulle het van Richmond (Kaap) gekom en hulle op die plaas “Brakfontein” langs die Vetrivier kom vestig. Die plaas is nog in besit van hul kleindogter, Magda Pienaar. Sien: Medies.

        Die Anglo-Boere Oorlog breek uit in 1899 en Jan word opgekommandeer en neem deel aan Magersfontein en Paardeberg. Lenie bly alleen agter op die plaas met hul drie seuntjies. Op ‘n dag kom twee Britse soldate daar aan om die plaas af te brand, maar Lenie was besig om seep te kook en verjaag hulle met ‘n brandende houtstomp.

        Uiteindelik moes sy tog die plaas verlaat en het van hulle besittings, soos breekgoed onder die vloer in sand begrawe. Sy het met die kinders in die distrik rondgetrek en was nooit gevang om konsentrasiekamp toe gestuur te word nie. Die Kakies het die plaasgeboue afgebrand en al die lewende hawe vernietig.

        Jan, ‘n veldkornet is gevang en na Indië gestuur as krygsgevangene. Die skip was nog onderweg toe hulle ‘n maand later die nuus kry dat die oorlog beëindig is (1902), maar hy kon eers drie jaar later terugkeer na Suid-Afrika.

        Lenie het intussen hoendereiers en kalkoene geruil vir kruideniersware by Mnr. Chafkin se winkel op Port Allen. Sy het die kalkoene die 18km ver te voet aangejaag.

        By die plaas aangekom kry Jan sy vrou aan die ploeg met ‘n koei wat sy tussen die bosse langs die Vetrivier gekry het, nogal met ‘n kalfie. Hulle het tussen die puin van die afgebrande geboue gaan rondkrap om te sien wat nog bruikbaar was, en ontdek dat die hele skeersel skaapwol nog ongeskonde gelê het. Hulle het dit gewas, geklas en verkoop vir £200, en ‘n perdekar geleen om by familie in Richmond vier skape te gaan koop. So het hulle weer die boerderytjie aan die gang gekry.

        Die egpaar het daarna nog vyf dogters gehad. Die jongste is gebore toe Lenie 49 jaar oud was!

Links: Min. Viljoen se ouers, oom Jan

    en tant Lenie

        VILJOEN

                  September 1955

    Min. Viljoen ondersteun sy bejaarde moeder terwyl sy die laaste keer afskeid neem van haar eggenoot met wie sy 63 jaar getroud was.

    Regs staan Seuntjie, die oorledene se getroue ou hondjie. Toe die lykswa die huis verlaat het in P. Louis Kotzéstraat, waar hulle die laaste paar jaar gewoon het, het Seuntjie saam gedraf kerk toe en daarvandaan weer saam na die kerkhof toe.

Paul Viljoen, derde van links voor is in 2011 oorlede.

Jan Marais, tweede van links voor is in 2012 oorlede.

Danie van Tonder, links voor is in  2015 oorlede.

Ek wil iets skryf oor my oumagrootjie Magdalena Johanna Marè se familie.

Die van was oorspronklik de la Marè van Normandië, Frankryk en kan verder teruggevoer word tot by die dorpie Mare/More in Noorweë en die Noormanne wat Normandië en Skotland gekoloniseer het in 1025.
Die van leef voort in verskeie dele van die wêreld as Della Marè, La Mare, ens.

Haar oupa was Paul Marè gebore in 1769 en getroud met Johanna Magdalena Pretorius, Andries Pretorius se niggie.

Hy sluit met vyf van sy 14 (vier alreeds oorlede) kinders, wat drie seuns insluit, (Wynand Wilhelmus, Frederik Korsten en Jacob Philipus) teen 1837 by Johannes Stephanus Maritz, Gert Maritz se broer se trek aan oppad na Natal. Daar was naderhand 400 waens in die groep.

Hulle volg die normale roete deur die Oos Vrystaat, verby die latere Bethlehem.

Daar was geen pad destyds nie.

Agter die wa is ook 'n skotskar getrek wat vol lemoenboompies was, bestem vir die nuwe plaas.

Naby Liebenbergsvlei gaan die wa deur 'n driffie en net toe word Paul geroep om na 'n groot trop wild te kyk wat verbykom, waarskynlik springbokke. Hy staan op en val van die wa af en die skotskar ry bo oor hom. Hy is ernstig beseer met gebreekte ribbes ens. Die Trek stop daar vir twee weke, maar hy sterf en word begrawe by 'n aantal kinders van 'n vorige trek wat aan masels gesterf het. Hy was toe 68 jaar oud.

Die Trek ry deur die Oliviershoekpas verby Mont Aux Sources en kom toe twee weke later as die ander trekkers op 25 Oktober 1837 aan by Gert Maritz se laer naby Bloukrans.

Erasmus Smit het in sy dagboek gemeld dat die trekke van die weduwee Marè en Coenraad Pieters en andere daar aangekom het.

Ongelukkig was die beste uitspanplekke naby die rivier reeds geneem, en hulle span toe sowat 4km verder uit.

Een van Paul Marè se kleindogters, Wynand se dogter Hester Magdalena was as 13 jarige 'n touleier wat die eerste wa teen die berge afgeneem het. Wynand en 9 ander waens is vooruit en sluit toe verder aan by Gert Maritz se laer.

Almal wag vir meer as drie maande in spanning dat Piet Retief en sy manne die traktaat moet teken vir finale besetting van Natal.

Op 16 Februarie 1838 kom daar 'n sekere Oosthuizen van Bloukrans aan en nooi die Marè's oor vir kuier en omdat die weduwee ook sy skoondogter in bevalling moes bystaan. Sy het ook later die geboorte van Genl Louis Botha bygestaan.

Een van die trekosse is soek en die kuier word afgestel vir 'n dag.

Daardie nag val die Zoeloe impi's die laers by Bloukrans aan en 282 trekkers en 185 kinders word almal uitgewis behalwe die Marè's en Oosthuizens wat ook verder aan was.

By Bloukrans word meer bediendes en werkers as blankes uitgemoor.

Wynand Wilhelmus Marè neem deel aan Bloedrivier en die weduwee Marè sterf later in 1873 in Pietermarizburg.

Na die anneksasie van Natal het die Marès teruggtrek Vrystaat toe na Bultfontein, waar my oumagrootjie in 1872 gebore is.

My oupagrootjie Jan Viljoen het haar later daar by die kerk ontmoet.

As die trek nie laat daar aangekom het nie en as die trekos nie weggeraak het nie, sou my familie daar almal uitgemoor gewees het, en sou ek nie hier vandag kon skryf nie.

Jan Viljoen, links agter skryf die volgende;

Foto regs: Min. Jan Viljoen se graf in die begraafplaas van Wesselsbron.  > > > > > > >

[ Omdat daar meer as een Jan Viljoen was, is na hom verwys as “Jan Parlement.”]