Prokureurs van Wesselsbron

 

        Die volgende inligting en foto’s is verskaf deur Johann Pretorius,  

                 kleinseun van Danie Coetzer, die eerste prokureur.

      Danie Coetzer is gebore in Franschoek op 26.12.1900  † 16.7.1976.

             Hy verkoop sy grond in die Boland en kom koop die plaas   

               “Kwaggavlakte” tussen Wesselsbron en Hoopstad.


Danie en Bessie Coetzer se aangenome dogter, Maureen is getroud met Van Aarde Pretorius en die prokureursfirma, Coetzer & Coetzer word    

                                            Coetzer & Pretorius.

   Van Aarde Pretorius *1.10.1924, Steynsrus † 22.1.1963, Wesselsbron.

Sien: 1926 tot 1928

          NGK bou + inwyding

           Toe en Tans

<< D.J. Coetzer

V.l.n.r: Johannes Lodewyk, Rita, Van Aarde en Le Riche Pretorius.

                  (Rita Coetzee het in Venterstad gewoon.) 

Johann, 6 jaar oud en sy pa, Van Aarde Pretorius op die plaas, “Eureka” van Thys van der Hoven langs Herenigingstraat. Lida van der Hoven in die voorgrond.

Johann Pretorius, Lourens van der Linde en Christo Reyneke, Johann se swaer.

                 Foto onder is Nellie, Christo en Apie Reyneke se grootouers.

Niël en Gretchen Rossouw

Johan Rheeder en Riaan Jacobs wat sedert 2007 saam praktiseer besluit in 20?? om elkeen op hul eie te praktiseer. Johan Rheeder verlaat die beroep in 20?? weens gesondheidsredes.


Riaan Jacobs se eerste kantoor was in die woonhuis van Boet du Toit in P.Louis Kotzéstraat.

Jaco Coetzer, Jan Brink en Paul Roux begin in Maart 2001 ‘n praktyk in Wesselsbron. Hulle woon in Hertzogstraat 58 en praktiseer vanuit -58A.

Die twee vennote, Jan Brink en Paul Roux verskuif na die perseel in Bredenkampstraat waar JP Onderdele eers was. Brink Roux prokureursfirma se deure open in 2007.

In Januarie 2009 is Jan Brink oorlede en Paul Roux gaan voort met sy praktyk langs die van Dr. Eduan van Rensburg. Die gebou behoort aan die Naudé’s.










‘n Algemene gesig in Bredenkampstraat is Paul op ‘n helderkleurige babastoeltjie op die stoep, waar hy ‘n sigaret rook. Op die foto onder is sy nie-rokende vriende, Piet Naudé en Piet Stiglingh, jnr. saam met hom.

Paul Roux, geb. 3.9.1955

op Hertzogville gaan studeer by Stellenbosch Universiteit.


<< Foto 2023

Lambert Hendrik Roux - derde ry van agter, heel regs.

Deur die jare het onder andere die volgende dames al gewerk in dié praktyk:

Anika Greeff, Leonette Payne, Lizl Bester, Lizelle van Rensburg, Jeanine Slabbert, Estelle Nel, Dina Hoops en Chantelle Grobbelaar.

Elize Barnard - Sept 2012

Marilize Mouton - Mei 2014

Pulani Serame werk reeds van 2014 vir Brink Roux Prokureurs.