Saakgelastigde - Lettie Baxter

vir ongeveer dertig jaar.

 

 

  Lettie Baxter, Aletta Engela Fredrika van Zyl,

dogter van Stoffel (*1912 †1977) en Catharina Rheeder (*1911 †1979) is gebore op 1 Nov. 1943 en word groot op die plase “Nietgedacht” en “Brakspruit” in die Wesselsbron distrik. Haar jonger broers, Jan en Ben van Zyl is albei gedurende 2013 oorlede.

  Hierdie Van Zyl’s is afstammelinge van die ontdekker van die Kangogrotte.

  Lettie gaan skool by Nelsdrif, Sandveld en verwerf by die Tegniese Kollege in Kroonstad haar handelsmatriek in 1962.

  Sy trou met Graham Keith Baxter op 16 Des. 1967.

Twee dogters is uit die huwelik gebore, Marie-Louise, en Claudia.

  Hulle twee sit die gesinstradisie voort om in die eg verbind te word op 16 Desember.

 

Graham en Lettie Baxter x 16 Des. 1967

Piet en Marie-Louise Delport x 16 Des. 1991

Danie en Claudia du Toit x 16 Des. 2000

Lettie, Piet & Marie-Louise Delport, Graham en Claudia Baxter

Piet en Marie-Louise met hul ouers, Frans en Esmé Delport

                        en Lettie en Graham Baxter.

Lettie en Graham Baxter - 2013

Op 1 Nov. 2013 reël haar dogters, Marie-Louise en Claudia vir haar ‘n verrassingspartytjie saam met haar vriendinne.

                           Foto’s deur Anlie de Wet.

Lettie saam met Valencia Faasen, oud-predikantsvrou en Lenie du Plessis, orreliste met wie sy vir etlike jare baie nou saamgewerk het.

Miets Stiglingh, Melinda Rautenbach, nuwe predikantsvrou  

                             en Amabile van Zyl.

Elsabe van Zyl en Mariëtta Rheeder, Wesselsbron

           se gedugte pannekoekbaksters!

Poppie Boeyens, Lenie du Plessis en Mariana Strydom.

Esmé Delport en Corrie Pretorius.

Marietjie van der Hoven en Sarie Willemse.

Marie Prinsloo

Violet Fick

Kotie Naudé en Kobie van Zyl - niggies.

Anlie de Wet en Marie-Louise Delport

Lettie en haar skoonsusters. v.l.n.r. Graham Baxter se suster, Audrey Smit van Bloemfontein, Joey van Zyl (Jan), Lettie en

                               Elize van Zyl (Ben).

Louise Ferreira en Annette Muller

Piet Delport, Esmerie *10.8.’99, ouma Lettie, Alitha-Marie *15.5.’96,

oupa Graham, Marie-Louise  *27.4.’69 en voor Clarissa *9.4.’02

met Alitha-Marie se voorstelling op 3 Nov. 2013.

Hanru *19.6.’02, Danie, Claudia *4.2.’71 en Zalika *15.7.’04 du Toit

                                         (Foto 2014)

Claudia du Toit, Lettie Baxter en Marie-Louise Delport.

Esmerie, Alitha-Marie, ouma Esmé Delport en Clarissa.

“Die kinders en kleinkinders, wat God aan ons toevertrou het, is ons grootste rykdom. Ons is bevoorreg om lank genoeg te leef dat ons hare grys kon word, en om ons jeuglaggies ge-ets te hê in diep plooie op die gesigte.”
“Ons moes die plaas verlaat na ‘n haelramp op 
26 November 2006. Na ‘n paar maande in ‘n huurhuis kon ons die huis in Pretoriusstraat 19 koop en woon steeds daar.” (2016)
ALLE WERK IS BETEKENISLOOS, TENSY DAAR LIEFDE IS. (Kahill Gibran.)

Lettie Baxter wat vir baie jare op die bestuur van Silwerbron was is nou ‘n gelukkige inwoner in die bystand-versorgings afdeling. Cecelia bederf Lettie op Nuwejaarsdag 2020 met ‘n heerlike bord kos.