MEULE - LFC

 

Waar en wanneer het dit begin?

Lourens van der Linde, eienaar van die plase, Klein Constantia, Rietvlei, Rondekuil en Jaspersrus se VAN RENSBURG - voorgeslagte was van die eerste boere wat hul reeds in 1880 in dié geweste gevestig het.


In die negentigs vind daar ‘n omwenteling plaas wat die verbouïng van mielies sou beïnvloed en Lourens se versiendheid gee die deurslag om sy eie mielies te bemark deur mieliemeel te produseer.


Die perseel in Du Toitlaan word aangekoop in die beginjare van die negentigs en die wiele begin rol om ‘n meule op te rig.

< < <

Die drie seuns groei letterlik saam op met die totstandkoming en die meule word na hul vernoem, nl. LFC - hul name Lourens, Francois en Cobus.

Die meule word ingewy met Lourens van der Linde se ouers ook teenwoordig.

Oom Annes en tannie Engela van der Linde.

Die eerste volblad-advertensie verskyn in die Wesselsbron Reünie Gedenkblad van 1993!

Sien ook:

District +

Eerste intrekkers + ou grafte.             

Uitbreiding gaan steeds voort . . .

Lourens en Liesie van der Linde en twee van die seuns, Francois (links) en Cobus (regs).

Die onderstaande foto’s van kantoorpersoneel dateer uit Februarie 2019.

Hannari Stiglingh

Christo Fourie

Carolina Viljoen

Links bo is Boet du Toit wat die heel eerste meulenaar was op Wesselsbron en Dr. Elkan Cahl, die tweede geneesheer op Wesselsbron.

                          LFC Meule is geleë in Du Toitlaan.

Boet du Toit se dogter, Saartjie Breytenbach het die meule besoek op

4 Februarie 2019 - foto onder.

Sien ook: Teerpad - Du Toit

          &     Medies

In die gange van LFC is pragtige uitstallings van o.a. produkte van die meule, asook ‘n wol uitstalling. Liesie van der Linde is ‘n boorling van Smithfield se woldistrik. Die Van der Linde’s het ook ‘n skaapboerdery in  die Rouxville - distrik.

Na jare se beplanning en maande se bouwerk verrys die massiewe struktuur en LFC se Mega Silo bekendstelling word geadverteer waarna almal uitgenooi word.

En WESSELSBRON se Van der Lindes kan spog met die GROOTSTE GRAANSTOOR TER WÊRELD!!

Op ‘n pragtige herfsoggend is die personeel van LFC op hul pos en die publiek word oral met vriendelikheid ontvang vir die groot dag!

Van die eerste mense kom aan en die Van der Lindes verwelkom die gaste by die ingang. Foto onder: Johan en Rentia Fourie by Lourens van der Linde. Die man wat sê dat hy vir twintig jaar ‘n boer was en vir dertig jaar ‘n meulenaar.

Cobus en Marghalet van der Linde

Francois van der Linde

Die jongste van die drie broers, Lourens van der Linde jnr. wat op 

1 Augustus 2022 in ‘n fratsongeluk op die plaas, “Rietvlei” byna sy lewe verloor het.

Die feit dat hy volkome herstel het en dié groot dag in die lewe van die Van der Linde-gesin kon meemaak word as ‘n wonderwerk beskou!

LFC Mega Silo Opening PROGRAM

    Registrasie, Tee & Koffie

10:30 Verwelkoming + Opening - Cobus vd Linde

         









         

Terugblik op die ontwikkeling van LFC + Mega Silo - Lourens snr.  

        

         











11:30 Gasspreker : Dr. Konrad Keyser - Brisen

          ‘n Terugblik op die deregulering van graan markte en uitdagings 

                                           vir die toekoms.

         

         













Leweringsmoontlikhede @ LFC Mega Silo + Bedankings

                                       Knip van die lint

13:00 Middagete - Steakburgers met tamatiesmoor - Van Eeden’s

Registrasie

Koffie, Tee, Beskuit

Biltong & Droëwors

En dit was nie net boere wat die geleentheid bygewoon het nie.

Dames, gesinne en letterlik van speenoud tot stokoud was daar!

Die LFC personeel wat gesorg het dat alles piekfyn en skoon was.

Die borge het ook stalletjies daar gehad het.

Die jong Vosloo boeties weet reeds waar hul lojaliteit lê!

Lourens en Liesie van der Linde met hul skoondogter, Marghalet en haar ouers.

Wat gaan die prys van witmielies wees as hulle die dag gaan begin boer?

Manne en name wat uitgesonder word tydens die bedankings.

LFC se mieliemeel word gelewer aan baie groothandelaars en supermarkte. In al die takke van Pick ‘n Pay regdeur die hele Suid-Afrika word LFC van Wesselsbron se mieliemeel bemark.

Die hoogtepunt van die dag breek aan met die knip van die lint!

Cobus, Marghalet, Liesie, Lourens, Francois + Lourens jnr.

En ‘n moeder se trane van dankbaarheid sluit die dag af. . . . .

Die stoor wat 12 verdiepings hoog staan en 102,000 ton graan kan berg is 108 m in deursnee met die hoogste punt 35 meter.


Die grootste ander stoor staan in Iowa, Amerika met die mates; 47,5 m in deursnee, 47,5 m in hoogte en kan 60,000 metrieke ton graan berg.


Hendri Gelderblom van Gelderblom Consulting Pty. Ltd. het die plek gebou. Die struktuur van betonmure is in die vorm van ‘n oktogoon gebou. Dié ontwerp is gekies omdat dit makliker giet as die tradisionele ronde silostruktuur en die boukoste dus goedkoper is.


WGK Konstruksie van Bloemfontein het die siviele- en staalwerke gedoen.


Die massiewe kompleks kan byvoorbeeld, 150 groot vragmotors of twee vliegtuie huisves

GELDERBLOM consulting

Lourens van der Westhuizen

Stephan Jacobs

14 Januarie 2024 - Patriarg Lourens van der Linde met sy eerste kleinkind, Lilly se doop.


‘n Trotse ouma Liesie met Lilly wat in haar en haar ma se dooprok gedoop is.

Die ouers, Cobus en Marghalet met Lilly en die res van die gesin agter.

Lourens jnr. Hilana, Lourens snr. Liesie en Cobus.

Die jaar, 2023 was inderdaad ‘n hoogtepunt-jaar vir die Van der Linde’s.


Met die Megasilo-inwyding het dié Megaboerdery net weer gewys wat met harde werk, toewyding en goeie beplanning vermag kan word.


Vroeg in die jaar het Liesie en haar span ‘n uiters suksesvolle VVLU (Vrystaat Vroue Landbou Unie) Areakonferensie aangebied.


Nie net het Lourens jnr. volkome herstel na sy traumatiese besering nie, maar is ook getroud.


En die kersie op die koek. . . ‘n eerste kleinkind word gebore!


Nadat Lourens en Liesie drie seuns groot gemaak het is hulle in een jaar twee dogters ryker.

21 Februarie 2023

< < < Sandra Dekkers het die doopkoek gebak.

30 September 2023 Lourens jnr. & Hilana van der Linde

Foto links: Vorige foto van Lourens en Anna saam met hul vader, Annes van der Linde en Liesie. Foto regs: Sas en Anna Viljoen van Vermont.

Ds. Wouter van Velden van Bloemfontein het Lilly gedoop.

Agter: Marghalet se stiefpa en ma, Kevin en Tobie Nelson, haar pa, Hein Heymann, Liesie & Lourens van der Linde.

   082 052 8912