Minister Jan Viljoen, boorling van
Wesselsbron
Minister Jan Viljoen, boorling van
Wesselsbron
Lugmagvliegtuie op Wesselsbron wat die Kabinetsministers hierheen vervoer het.
Staatspresident C.R. Swart se chauffeur
en heel regs, Ds. D.A. Hattingh.
vlnr: Sersant Van Baalen, Mnr. C.R. Jansen, burgemeester van Wesselsbron, wat Pres. Swart groet.
Regs voor: Mnr. D.P. Wilcocks, landdros van Wesselsbron.
Jan Muller, 10 jaar oud, verlaat die Kerk saam met Pres. Blackie Swart en Ministers Ben Schoeman, H.F. Verwoerd en Paul Sauer. Jan Muller se ma, Anna, was ‘n suster van Min. Viljoen. Sien: Munisipaleraad
By die begraafplaas.
Pres. Swart en Paul, seun van Min. Viljoen
met agter Min. Paul Sauer.
September 1955
Min. Viljoen ondersteun sy bejaarde moeder terwyl sy vir die laaste keer afskeid neem van haar eggenoot met wie sy 63 jaar getroud was.
Regs staan Seuntjie, die oorledene se getroue ou hondjie. Toe die lykswa die huis verlaat het in P. Louis Kotzéstraat, waar hulle die laaste paar jaar gewoon het, het Seuntjie saam gedraf kerk toe en daarvandaan weer saam na die kerkhof toe.
Foto regs: Min. Jan Viljoen se graf in die begraafplaas van Wesselsbron. > > > > > > >
[ Omdat daar meer as een Jan Viljoen was, is na hom verwys as “Jan Parlement.”]
Op die skip in Tafelbaai op pad na die kroning van Koningin Elizabeth in 1953. Drie vriende, Klaas Havenga, Dr. Malan, Jan Viljoen met hul gades.
Die onderstaande foto’s en inligting is beskikbaar gestel deur Viljoen-nasate, o.a. Danie van Tonder, Magda Pienaar, Jan + Rikus Muller en Jan Viljoen.
Sien: Italiaanse Krygsgevangenis vir min. Viljoen se huis.
Johannes Hendricus Viljoen. Minister van Onderwys, Wetenskap, Kuns en Bosbou
Voor vlnr: S.P. le Roux, Adv. J.C. Strydom, Dr. D.F. Malan, Dr. E.G. Jansen, N.C. (Klaas) Havenga, C.R. (Blackie) Swart en P.O. (Paul) Sauer.
Agter vlnr: E.H. (Eric) Louw, Dr. T.E. Dönges, F.C. Erasmus, B.J. (Ben) Schoeman, J.F. Naudé, Sen. H.F. Verwoerd, J.H. (Jan) Viljoen en
Dr. K. Bremer.
Min. Jan Viljoen se begrafnis op Wesselsbron 7.12.1957
Die roudiens was gelei deur Ds. J.H. van Loggerenberg en Ds. D.A. Hattingh.
Die huldigingsrede was deur Staatspresident C.R. Swart, bygestaan deur Min. A. Hertzog en Mnr. Harm Oost.
voor vlnr: Maggie (Van Breda), LENA (Van Tonder), min. JAN en ma Lenie (Maré)
agter vlnr: Elise Strydom en Gerrit, (Jan + Maggie se dogter en seun) en ANNA Muller.
Die foto is geneem tydens 'n geleentheid in die ministershuis in Brynterion, Pretoria. Die erf is later opgesny en staatswoonstelle in die tuin gebou waar o.a. Dr A P Treurnicht gewoon het.
< < < < Vier geslagte Viljoens.
Links: oupagrootjie, Jan Viljoen
Regs: oupa Jan Parlement met sy naamgenoot, Jan Viljoen (geb. 1952)
Middel: Gerrit, vader van klein Jan,
skrywer van onderstaande Marè geskiedenis en Engelse koerant artikel. (Foto’s van hom as volwassene verder aan.)
Jan Viljoen, geb.1952, seun van Gerrit en Petro Viljoen het die volgende inligting met dié foto verskaf:
“My Oupa, Jan en oumagrootjie, Lenie ± 1950. Die skildery in die agtergrond is van die Van Breda Landgoed (my ouma, Maggie) in die Kaap, nou nasionale gedenkwaardigheid en steeds in my besit. My suster, Suzanne le Roux het later ouma Maggie se rokke geërf en gedra.”
MATRIEKKLAS 1970
voor vlnr: William Brown, Jacobus Conradie, Herman Venter,
Alta Kotze, Nonnie Helm + Cora de Witt.
agter vlnr: Martie Helm, Japie Ferreira, Lourens van der Linde,
Jan Viljoen, Dawie Pretorius + Erna Wessels.
Ek, Jan Viljoen wil iets skryf oor my oumagrootjie Magdalena Johanna Marè se familie.
Die van was oorspronklik de la Marè van Normandië, Frankryk en kan verder teruggevoer word tot by die dorpie Mare/More in Noorweë en die Noormanne wat Normandië en Skotland gekoloniseer het in 1025.
Die van leef voort in verskeie dele van die wêreld as Della Marè, La Mare, ens.
Haar oupa was Paul Marè gebore in 1769 en getroud met Johanna Magdalena Pretorius, Andries Pretorius se niggie.
Hy sluit met vyf van sy 14 (vier alreeds oorlede) kinders, wat drie seuns insluit, (Wynand Wilhelmus, Frederik Korsten en Jacob Philipus) teen 1837 by Johannes Stephanus Maritz, Gert Maritz se broer se trek aan oppad na Natal. Daar was naderhand 400 waens in die groep. Hulle volg die normale roete deur die Oos Vrystaat, verby die latere Bethlehem. Daar was geen pad destyds nie.
Agter die wa is ook 'n skotskar getrek wat vol lemoenboompies was, bestem vir die nuwe plaas. Naby Liebenbergsvlei gaan die wa deur 'n driffie en net toe word Paul geroep om na 'n groot trop wild te kyk wat verbykom, waarskynlik springbokke. Hy staan op en val van die wa af en die skotskar ry bo oor hom. Hy is ernstig beseer met gebreekte ribbes ens. Die Trek stop daar vir twee weke, maar hy sterf en word begrawe by 'n aantal kinders van 'n vorige trek wat aan masels gesterf het. Hy was toe 68 jaar oud.
Die Trek ry deur die Oliviershoekpas verby Mont Aux Sources en kom toe twee weke later as die ander trekkers op 25 Oktober 1837 aan by Gert Maritz se laer naby Bloukrans. Erasmus Smit het in sy dagboek gemeld dat die trekke van die weduwee Marè en Coenraad Pieters en andere daar aangekom het.
Ongelukkig was die beste uitspanplekke naby die rivier reeds geneem, en hulle span toe sowat 4km verder uit.
Een van Paul Marè se kleindogters, Wynand se dogter Hester Magdalena was as 13 jarige 'n touleier wat die eerste wa teen die berge afgeneem het. Wynand en 9 ander waens is vooruit en sluit toe verder aan by Gert Maritz se laer. Almal wag vir meer as drie maande in spanning dat Piet Retief en sy manne die traktaat moet teken vir finale besetting van Natal.
Op 16 Februarie 1838 kom daar 'n sekere Oosthuizen van Bloukrans aan en nooi die Marè's oor vir kuier en omdat die weduwee ook sy skoondogter in bevalling moes bystaan. Sy het ook later die geboorte van Genl Louis Botha bygestaan. Een van die trekosse is soek en die kuier word afgestel vir 'n dag.
Daardie nag val die Zoeloe impi's die laers by Bloukrans aan en 282 trekkers en 185 kinders word almal uitgewis behalwe die Marè's en Oosthuizens wat ook verder aan was. By Bloukrans word meer bediendes en werkers as blankes uitgemoor. Wynand Wilhelmus Marè neem deel aan Bloedrivier en die weduwee Marè sterf later in 1873 in Pietermarizburg.
Na die anneksasie van Natal het die Marès teruggtrek Vrystaat toe na Bultfontein, waar my oumagrootjie in 1872 gebore is. My oupagrootjie Jan Viljoen het haar later daar by die kerk ontmoet.
As die trek nie laat daar aangekom het nie en as die trekos nie weggeraak het nie, sou my familie daar almal uitgemoor gewees het, en sou ek nie hier vandag kon skryf nie.
Gerrit en Petro Viljoen se drie kinders: Suzanne, Brahmi en Jan, naamgenoot van sy oupa, Min. Jan Viljoen.
“My great-grandfather’s family arrived in the Free State after the Great Trek, and took up farming in the Hoopstad/Bultfontein District. Wesselsbron,
our hometown, was only established in 1920. Both my grandfathers were born on October 15, 1893.
By 1897, the clouds of war had started gathering and oupa Johannes Hendricus ‘Jan’ Viljoen had not yet started school. Come 1899, he could not start school either, as everything had ground to a halt.
With Kitchener’s scorched earth policy, great-grandad left on commando, taking part in the battles at Magersfontein, Belmont and Modderrivier. In his absence, his wife, ouma Lenie originally from the farm "Kalkbult" Bultfontein, made the decision to leave their home, and taking their three
boys, the small family fled on their own in a small wagon, constantly moving up and down along the Vet river to avoid incarceration in the concentration
camps. Her efforts were successful, but the boys suffered badly from malnutrition.
Great-grandad was also eventually captured, and only returned home in 1905 from India, where he had been sent as a prisoner of war. When he arrived back, he found everything had been destroyed by fire, and there was no livestock left alive. In the barn, he found a small amount of burnt
wool, which they cleaned up as best they could. They borrowed a horse cart and went 1 200 km to Richmond, Cape to purchase five sheep from family in the area. In this way, they restarted their lives again. A small school was soon established about six kilometres from their farm on "Vergesig", and oupa Jan, now twelve years old, and his brothers, went to school for the first
time, riding donkeys.
In 1908, a British schools inspector of military background Col Brady appointed by Lord Milner visited the school, where the energetic and clever
Jan immediately caught his attention. That very afternoon, he dropped in on great-grandad, where he strongly recommended to him that the boy had to
continue with further education. Great-grandad, however, had no money and little income after the war.
Then the miracle happened, this British schools inspector offered to pay for the boy’s continued education. Great-grandad only had to provide
clothing. Oupa Jan then went to Hoopstad primary School, where the hostel would later be named after him. Thereafter he attended 'Hoër Jongen Skool' in Wellington, where he passed his matric, all the while still being financially supported by his benefactor, the British schools inspector.
Great-grandad’s financial situation had improved sufficiently by then, which meant that oupa Jan was able to go to university where, at the University of the Orange Free State, he graduated with a BA in Law and Afrikaans. He then took up teaching. In 1928, oupa Jan entered politics, and after many years, he became a member of parliament for the Afrikaner Party. Later still, in
1948, he was appointed Minister of Education, Arts and Science in Dr DF Malan’s National Party cabinet. He retained this post with Malan’s
successor, Adv G.J. Strijdom till his death.
Oupa Jan received an honorary law PhD from Rhodes University in 1954. Oupa Jan became an important player in the nation’s politics, and in some circles it was felt that he may become a future state president when South Africa would become a republic in 1961, but sadly this was not to be. His health deteriorated because of the malnutrition he suffered during the Anglo-Boer War, and on 7 December 1957, (on my birthday) he passed away.
The family had always spoken of a 'Mr O’Brady', that magnanimous British school’s inspector – had it not been for him, oupa Jan would not have become the success he was in life. This man gave oupa Jan his first lucky break in life; a life which, very early on, had been devastated by war. In 1936, oupa Jan had an opportunity to meet his generous benefactor for the first time and the meeting was quite emotional for both. This happened in Rhodesia, and Mr O’Brady was in fact Colonel John Banks Brady, DSO, OBE, ED, the then Territorial Force District Commandant, Bulawayo.”
A Lifeline I received this very heart-warming – and surprising – story from a South African, Jan Viljoen, who had contacted me, Gerry van Tonder, British journalist for Rodesian Forces, via my website.
Col. John Brady > > >
Ek, Jan Viljoen stuur die geskiedenis van Dr van Hoepen wat die paleontoloog was wat talle fossiele op Tierfontein ontdek het.
Die Egbert van Hoepen het as kind saam met sy ouers van Holland na SA gekom voor 1900. Die oupa van Hoepen was ‘n matroos en dykinspekteur in Holland, maar hulle het beter weivelde in SA gesoek. Die pa was ‘n fotograaf in die ZAR en toe die oorlog uitbreek het hulle ook op kommando gegaan.
Die foto, verder af ondertoe wys die jong 16 jarige Egbert en sy pa van Hoepen by die beleg van Ladysmith in 1900. Hulle het ‘n karosskuiling gebou.
Die foto is eintlik ‘n selfie met ‘n tydskakelaar terwyl die twee mans met hulle Mausers poseer.
Die Egbert is tweekeer gevang daarna en hy is toe terug Holland toe gedeporteer, waar hy eers in Geologie en Paleontologie gestudeer het.
Hy het toe teruggekom na die Oorlog en begin werk as fossielprospekteerder vanuit Bloemfontein en hy het toe die kurator geword.
Hy het honderde fossiele oor die Vrystaat ontdek, maar toe die Spoorwee die treinbrug oor die Vetrivier by Tierfontein bou, het hulle snaakse bene daar ontdek.
Dr van Hoepen is ontbied en hy het toe talle fossiele ontdek en my pa het hulle gesien aangesien ek nog nie gebore was nie.
Ek noem van die belangrikste fossiele wat hy ontdek het behalwe olifantkakebene en buffelpote:
Pelorovis—Oerbees met baie lang horings dwarsoor Afrika.( die naam Monsterskaap, maar dis ‘n bees). Afgietsels is by die ingang van die Bfn Museum.
Orangiatherium—Oerkameelperd, (naam Vrystaat gedierte letterlik vertaal).
Eurygnathohippus—Oerperd/zebra (wye bek perd letterlik vertaal) met die oorspronklike drie tone aan alle pote, dwarsoor Afrika.
Dr van Hoepen het baie belangrike werk in SA gedoen en hy is in 1966 oorlede.
Sy kleindogter ook van Hoepen is ‘n onderwyser en redakteur in Suid Amerika.
Dr. Egbert van Hoepen, die Paleontoloog.
Suzanne le Roux en haar broer, Jan Viljoen.
Hy is in 2019 ‘n voltydse spekulant op die Termyn- en Crypto Beurse.
Paleontologie lê hom na aan die hart en hy is op die bestuur van die Paleontologiese Vereniging nadat hy kursusse gedoen het by die Transvaal Museum.
Hy speel op gehoor verskeie musiekinstrumente.
Met die Boeremusiekgilde kompetisie in 2014 het Die Wadrift orkes die nasionale tradisionele afdeling gewen. Hier speel Jan Viljoen, tweede van links op ‘n F5 mandolien.
Hier speel Jan (rooi hemp) op sy ingevoerde pedaalkitaar (pedal steel guitar) van die VSA saam met ‘n paar vriende by Krugersdorp.
Gerrit en Petro Viljoen se troufoto met links, Gerrit se broer, Paul en Petro se niggie, Helena Scott. Regs is, Orton Leonard en Japie Greyling. Blommemeisies is Danie en Lena van Tonder se dogtertjies en die hofknapie, niemand anders as Jan Muller!!
Sien: Munisipaleraad - Muller + Vetrivier
Jan en sy seun Gerrit - regs en onder.
< < Katinka Joubert, Jan se model-dogter
< < < < < < Maggie,
Min. Jan Viljoen se eggenote se graf langs syne. Opvallend dat geen geboortedatums aangedui is op beide se grafte.
Die stanings, no.27 + no.28 was waar die groot-moeder, Magdalena Johanna Maré (Lenie Viljoen) se familie was en so die Bloukransmoorde vrygespring het.
Agter op dié foto > > >
Aan:
Oupa- + Oumagrootjie
Van:
Klein Jan Viljoen
(18 maande)